Coenie De Villiers

Zansibar

Ma staan by die venster
Haar kombuis is wit en blou
en sy wonder of my pa dalk
van iemand anders hou

Aan haar vinger blink die troupand
waar sy borde staan en was
en terwyl sy saggies neurie
pak sy drome uit haar kas

(koor)
Sy is skielik jare jonger
en dra 'n rok van groen tafsy
sy eet 'n ryp papaja
langs die nate oopgesny
Die maan sit soos 'n Budha
in die lug bo Zanzibar
- iewers hoor sy stemme
en die klank van 'n kitaar
Maar ma se droom verbrokkel
dis nog 'n doodgewone dag
met my pa se kos wat eenkant
in die lou-oond staan en wag
Ja, ma se droom verbrokkel
dis nog 'n doodgewone dag
met my pa se kos wat eenkant
soos my ma moet staan en wag

Om tienuur skink sy koffie
sit die koppie eenkant neer
sy luister na die radio
om die eensaamheid to keer

Die huis is stil en donker,
die servette opgevou
dis dan wanneer my ma kan reis
deur bloot haar oë toe te hou

(koor)
Sy's eensklaps drie-en-twintig
en sy ruik na wit jasmyn
en die oseaan by Zanzibar
word die kleur van donker wyn
'n Man leun oor haar skouer
daar's 'n tulband om sy kop
"Dis tyd om te gaan slaap," sê hy
en loop die marmertrappe op
Maar ma se droom verbrokkel
dis nog 'n doodgewone dag
met my pa se kos wat eenkant
in die lou-oond staan en wag
Ja, ma se droom verbrokkel
dis nog 'n doodgewone dag
met my pa se kos wat eenkant
soos my ma moet staan en wag