Coenie De Villiers

Trapsgewys

Teerheid is 'n vlinder
'n papillon d'amour:
vervlietend nes 'n blomgeur
ontwykend soos toujours

Jou hartsog is robyne -
'n vuur gevang in glas:
dit smeul nes ou ballades
soos kole onder as.

Jou wreedheid is 'n springmes
geslepe en presies
ontwerp na jou behoeftes
verseker teen verlies

Jou kilheid is 'n yspriem
wat lig breek soos kristal
en breek tot lig versplinter
en swart word om sy val.

(herhaal vers 3 en vers 1)
Stream naživo