Coenie De Villiers

Kaddisj

Sal iemand, iewers, êrens
tog 'n kaddisj aan haar opdra
as sy nie meer kan lag nie
of haar oumenshande brei nie;
as sy nie meer die Sabbat
met haar blinde oë berei nie

Sy was ook eenmaal jonk, dis waar
en iemand in die dorp het haar
leer liefkry, en haar soene
was die voorwinter-lemoene
uit die boorde van die berg:
'n bietjie skugter, maar reeds soet.

En so is sy dan teobetrou
en skielik was die kind 'n vrou;
ja, so word sy 'n ryp granaat
-die donker vrug met bloedrooi saad-
en so gedy die adamsvy:
nou wyser, maar nog soet.

Seisoene kantel een vir een
en skielik was sy weer alleen;
die luike bly geslote
en die wingerd het sy lote
om die silwerblaar-olyf laat rank:
tyd maak tog die vrugte vrank

Sal iemand, iewers, êrens
tog 'n kaddisj aan haar opdra
want die winters was te stroef
en om nog langer te vertoef
is veels te ver verby haar jeug -
sy sal nie nog 'n jaargang deug nie, dus

(herhaal vers 1)