Coenie De Villiers

Daar's 'n Plek

Daar's 'n plek wat ek van weet
sonder sorge sonder pyn sonder leed
die pad daarheen is ongekaart
die reis daarheen is sonder vaart
en daar is rusplek langs die pad

die son se geel word jou sambreel
op jou reis tot waar die pad se vurk verdeel
die een se slingerspoor word dof
waar dit wegloop in die stof
maar die ander lei tot hier

want hier sal jy vind dat jy
steeds deur die oë van 'n kind
die lewenspel speel
granate van onskuld kan deel
om weer vir 'n oomblik
die kennis van kwaad te ontken
om weer te kan glo wat jy het in 'n gawe van bo

daar's 'n winterlose oord
waar 'n mens nog steeds die ure ongestoord
op die telraam van die tyd
sonder spyt of klein verwyt
soos seisoene af kan tel

knip jou deur se grendel dig
sluit jou vensters en jou luike teen die lig
pak jou drome vir die reis
jou hart sal jou die kronkels wys
om ongeskonde hier te kom

want hier sal jy vind dat jy
steeds deur die oë van 'n kind
die lewenspel speel
granate van onskuld kan deel
om weer vir 'n oomblik
die kennis van kwaad te ontken
om weer te kan glo wat jy het in 'n gawe van bo
'n gawe van bo
'n gawe van bo