Bobby Van Jaarsveld

Kyk Waar Is Ons Nou

As ek aan jou dink raak ek weg
My oë val toe en ek word weggevoer op vlerke van die wind
As ek met jou dans voel dit reg
Die sterre skiet en ons los spore op die maan en die melkweg
Gedagtes van jou langs my maak my lui vanaand
Ek sal vir ewig net hier by jou wees en met jou dans vanaand, en

Kyk waar is ons nou ek is mal oor jou
Ons het so ver gekom want almal het gesê
Daai twee sal nooit mekaar lief kan hê nie
Kyk waar is ons nou, ek is mal oor jou
Dit het so lank gevat maar nou kan niemand niks meer sê
Hul het nooit gedink ek sal jou lief kan hê

Op hierdie oomblik voel ek jou as jy jou arms om my vou
En ek kan voel die hemel kyk

Jou huis is waar jou hart is jou hart is hier by my

En hy sal vir ewig net hier bly