Coenie De Villiers

Kring om die Maan

Anderkant die Dwyka
lê die Moordenaarskaroo
dis 'n wêreld wat nog rou is
wat 'n mens nog in kan glo
Die paaie hier loop reguit
en die mense wat hier woon
ken die hitte van die somer
weet hoe reën jou kan beloon

(koor)
Al ry jy dalk net hier verby
daar's iets wat in jou agterbly
En maak dat jy vir altyd hier kan bly

Ja die kring om die maan
word nog more se wind
as jy jou hart verloor
in die Karoo sal jy hom vind;
want waar jy ookal gaan
dra jy dié wêreld met jou saam
ja, die wind oor die Karoo
was die kring om die maan

Daar is min om hier te sien
maar daar is veel om te onthou
daar's die breedte van die vlakte
daar's die randjiesveld se blou
Waar 'n arend stadig wentel
bo sy onbekende prooi
kry 'n vaalbos skielik kleur
en word die berge vir jou mooi

Die korhaan se lied
word hier 'n bittersoek mineur
want hy ken reeds hierdie land,
hy ken die horison se kleur;
in die winde wat hom dra
oor die Moordenaarskaroo
skuil die bitter reuk van aalwyn,
en van tolbos en kambro.